
=====================================================================
Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet

Deur Rodney Zeeberg

DIE snerpende Kaapse koue met sy kenmerkende natheid het die vermo om in die wintermaande die fluksstes van ons vas te pen onder die 
snoesigheid van ons Edgars duvets en Waverley komberse.

Met tipiese wintertraagheid pak ek dus een oggend vroer as gewoonlik my tog aan om die Bybelse straf, dat die man moet werk tot die sweet 
van sy aangesig loop, te ondergaan. Sleepvoetend en al gapende verby 'n plaaslike laerskool word ek dead in my tracks gestop. Nou moet 
julle my mooi verstaan. Op die Kaapse Vlakte word jy nie sommersodead in your tracks gestop nie. Ou, tjommie, die rel is eenvoudig: 
hardloop vir 'n vale, al vra 'n verdwaalde seun ook net die pad huis toe! Die Barmhartige Samaritaan wat nog laas vir onbenullighede in die 
hartjie vanGhngland gestop het, het die voorreg gehad om uitgestrek en in 'n baie koue luim sy eie stoet te lei.

Illustrasie: Cora Coetzee

In elk geval, daar staan ek toe soos McBride op die Mosambiekse grens, heel stomgeslaan. Iewers uit een van die skool se oorbevolkte 
klasse, baan van die soetste klanke hul weg deur 'n gevandaliseerde venster en beland sagkens op my oor. Die suiwer klanke, voortgebring 
deur die spontaneteit en onskuld van kinders, dring my diepste wese binne en ontplof in 'n crescendo wat harmonieus deur my liggaam vloei.

Dit was van korte duur.

Die skerp reuk van 'n ontbindende brak ruk my uit my euforie. Weer eens bevind ek my in die idilliese land van Braaivleis, Sonskyn en 
Chevrolet. Braaivleis -- danksy skelm politici wat nou in hul eie vet braai; Sonskyn -- danksy politici wat dink dit skyn uit hul agterent; 
Chevrolet -- danksy die goedhartigheid van hijackers wat liewers in BMW's spesialiseer.

Suid-Afrika, besing deur Langenhoven en Sontonga for different reasons, het nou die centre stage van die wreld betree. Dis 'n land swanger 
van soveel karakters as die kleure van haar vlag. Ek wil nie eens praat van haar dramas en intriges nie. Dit laat die fliek Braveheart lyk 
soos 'n re-run van Felicia Mabuza's Shuttle.

Al ooit gewonder hoe 'n ware Suid-Afrikaanse potjiekos sou lyk, ou gabba? Wel, look no further. Die hoofbestanddeel is 'n leierfiguur wie 
se verlede, saam met 'n bietjie Madiba magic en so 'n los jive, ons deur hierdie kranksinnighede moet dra. Dan het ons nog ander 
ingredients ook. Daar is die Biskop wat liewers 'n prokureur sou wou wees; 'n Krokodil, wat na sy Total Onslaught op onskuldige bokkies 
weier om krokodiltrane te stort; die cherry op die koek is ons geliefde Mother of the Nation wat selfs beter as Houdini uit enige 
(politieke) kontrepsie kan ontsnap.

Dis nie al nie. To keep you glued to your seats, check die volgende. Net in Suid-Afrika word mense 'n miljoen huise in vyf jaar belowe en 
sit hulle dan op die ou end met vyf huise in 'n miljoen jaar. Waar anders as in Suid-Afrika word werkskepping teen die jaar 2000 vir 400 
000 mense beoog met die hoop dat die ander 37 miljoen teen daardie tyd hul eie fruit stalls gaan opsit het. Slegs in Suid-Afrika gaan jy na 
ghngleaders vir beskerming, in plaas van die Polisie.

Waar anders as in ons ou Renbooglandjie is dit gouer om te voet as met openbare vervoer by jou bestemming uit te kom? As jy dit sou waag 
om 'n taxi te vat, kom jy dalk in 'n ander leeftyd daar aan. Dit kan seker ook net in Suid-Afrika wees dat jy instap by 'n hospitaal met 'n 
kopseer en uitkom met aambeie, van heeldag op koue vloere jou beurt moet afwag.

Moet nie eens waag om te kla oor 'n honger maag nie. Jou aptyt moet jy stil met 'n bord Bafana Bafana en Amabokoboko. As die sports thrill 
af is met die laaste doel en die toejuiging uitsterf, moet ons almal in die gees van Masakhane tevrede huur betaal vir opgegradeerde 
budjiehokke. Die wonings is so klein dat jy terselfdertyd by die voordeur inkom en by die agterdeur uitstap.

Ek wonder telkens wat van beroemde mense sou geword het as hulle deel was van die Rainbow Nation. Die legende lui dat Isaac Newton onder 'n 
boom gel het toe daar 'n appel op sy kop val. Vandaar sy swaartekragteorie en laws of motion. Ek scheme genuinely dat hy as 'n Suid-
Afrikaner nie eens rustig en alleen op 'n oop stuk veld sou kon l nie! Sy erg ontbinde lyk sou seer sekerlik in 'n vlak graf iewers langs 
die oewers van 'n rommelbestrooide rivier gevind gewees het. Tweedens, as iets regtig op sy kop geval het, kon dit maar net die dalende 
rand gewees het, wat hom in elk geval katswink sou gelaat het; wat nog te s in staat om teorie uit te werk!

Henry Ford sou 'n kerkmuis gewees het. Die landwye hijacking maatskappye sal enige motormaatskappy 'n run vir sy money gee. Hul aggressiewe 
produksiemetodes is selfs beter as di van Toyota. Om een BMW te produseer het jy 'n windgat Yuppie nodig wat by 'n rooi robot stilhou. 'n 
Desperate MK soldaat met 'n geroeste AK47 sorg vir die finale lewering.

Florence Nightingale sou definitief haar lampie nodig gehad het vir hospitale wat nie hul elektrisiteitsrekening kan bekostig nie. Die 
groot leermeester Sokrates sou teen di tyd al 'n pakket gevat en 'n lewe in die versekeringswreld gaan soek het. John Wayne en Billy the 
Kid sou vuisgeslaan het vir hul plek in Pagad se G-Force.

Mickey Mouse en Donald Duck sal ook seker goed inpas in 'n nuwe party wat dink dat hulle nou skielik al die probleme kan uitstryk wat 
vorige partye nie kon oplos nie. Miskien sal hierdie strokiekarakters vanwe hul belaglikheid die party van be-geklikheid red.

Hierdie dinge, my liewe landgenote, is nie uittreksels uit 'n Stephen King riller nie. Nog minder is dit 'n siniese Woody Allen kyk op die 
lewe. Dit is die harde werklikhede wat ons nuwe demokrasie so uniek maak. 'n Demokrasie wat my baie ernstig laat glo dat ons politici hul 
idees kry van die plek waar Jannie sy boontjierank bestel het. Nou wonder ek ... miskien is dit nie so 'n slegte idee om uitgestrek en in 
'n koue luim jou eie stoet te lei nie. After all, ek betaal mos nie vir die koek en tee wat n my begrafnis geniet word nie! Rodney Zeeberg   
is 'n kommunikasiebeampte by die Resource Action Group, 'n gemeenskapsorganisasie.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5421.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

